Virgo.
Posted in 2885
Arme Joost. Ek verstaan presies wat Steve hier skryf. Been there. Done that. God dank op kleiner skaal…

• Van hier af aan sal die media jou en Amor geen tyd en emosionele spasie gun om te besin en beredder nie. Sien jouself as gelukkig as Amor by jou bly. • Van hier af aan sal die ander uit die houtwerk val soos myt. Hulle soek kastig “closure” maar hul eintlike rede is ‘n vertoon van die voorrang wat hulle oor ‘n celeb se eggenoot geniet het. • Van hier af aan sal Huisgenoot daardie siek mense ruim voorbladspasie gun. Hulle sal ook ongedeerd daarvan afkom. Jy sal alles verloor. • Van hier af aan sal die bloeddors publiek verskoning eis, toe jy dit slegs aan jou vrou skuld. • Van hier af sal jy skrik as jy sien hoeveel dom mense sangers, David Beckham en skrumskakels as morele riglyne sien. Hulle vertrou hul eie ouerskaplike verantwoordelikhede aan ander toe. • Van hier af aan sal mans wat moeg is vir masturbasie, jou vanuit die morele hoëgrond teiken as immoreel en on-Bybels. • Van hier af aan sal vroue jou sien as agent van hul eie grootste vrees. Die ander 50% sal jou steeds sien as oop seisoen en beskikbaar. • Van hier af aan sal daar tog mense wees wat jou verstom met hulle welwillendheid en ondersteuning. Hulle was altyd daar. • Van hier af aan sal jy magteloos en geskok toekyk hoe vêr agter die publiek en media in jou verhaal is. Moenie dat hulle jou terugtrek nie. Hierdie is pynlik genoeg om dit meer as een keer te wil beleef. • Van hier af aan sal jy vinnig ‘n lys kan opstel van mense teen en vir jou. Krisisse skei die kaf van die koring. Dit is ‘n seëning. • Van hier af aan sal net jou kinders tel, omdat hulle nie oordeel solank jy en Amor, saam of apart, hulle met liefde omring nie. • Van hier af aan sal dit moeilik wees om te glo dat daar rede oorbly vir lewe. Maar dit is al wat oorbly. • Van hier af aan sal jy vir die poniepers slegs bestaan in terme van hoeveel geld hulle uit jou kan maak. Hulle is salig onbewus dat daar mense, harte en seer betrokke is. • Van hier af aan sal slegs enkele koerante, tydskrifte en radiostasies (soos 702) misdaad en moord belangriker ag as jou privaatbesluite en sekslewe. • Van hier af aan sal daar ‘n toeloop wees van mense wat jou voorse oor presies hoe hulle sou reageer as hulle in jou skoene was. Tipies. • Van hier af aan sal jy aanhoudend vra wat ander mense se straf is in soortgelyke gevalle, en vra hoekom bekendes nie as gewone landsburgers gesien mag word nie. Jy sal alles verloor en van voor af moet begin. Jou en Amor straf is disproporsioneel, ongrondwetlik en hard maar uiteindelik uitdagend. • Van hier af aan sal jy hiervoor onthou word en nie die jare wat jy jou liggaam en siel opgeoffer het om jou land op die sportveld te dien as een van die grootste Springbokke van alle tye nie. Geheues is kort. Kategoriefoute legio. • Van hier af aan sal jy stom staan oor die twee werelde wat voor jou afspeel. Die een waar jy soos ander sterflinge privaatoortredinge gegun word, en die ander waar jy deur huigelaars daarvoor kasty word. Moenie dat hierdie tipe Christenvoorbeelde tussen jou en God kom staan nie. • Van hier af aan sal jy nooit weer simpatie geniet as slagoffer nie. Jy is die antichris. Jagse meisies is die slagoffers en jou vrou bloot collateral damage. Die sportsterafleiding kry hul 15 minute roem en jou vrou lewer landwyd praatjies oor hoe om ‘n monster te oorleef. Die Dr. Phil-sindroom waar die traan in Amor se oog die land heel. Dis siek maar daar is ironies meer geld daarin as sang. • Van hier af aan sal jy jou kinders stywer vasdruk, meer opkyk en anders voortgaan. Oorgee is NOOIT ‘n opsie nie. • Van hier af aan sal jy moet glo dat daar wrede mense is daar buite, meer wreed as jy, maar ander met genoeg liefde om as teenvoeter te dien. Bel my as jou hart k*k vreet. Hy sal. Steve ps: 1. Ons kantoorlyn herstel tans van weeligskade. Navrae steeds by info@stevehofmeyr.co.za 2. TOEGANG GRATIS!! Pretoria se 154ste Afrikaanse Musiekfees op 14 November 2009, vanaf 08:00-16:30 by die Voortrekkermonument MET Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw en 14 ander.Ek mis dit vir niks!!!
Posted in 2885
Raccist if you do, raccist if you dont…
Ons liewe ANC vriende wil tog maar altyd hulle ou broodjie aan albei kante gebotter kry: eers het hulle van ‘n video opname waarin die “victims” gelag, gedans en gesuip het voor hulle lekker gedans het (nog steeds laggend), ‘n moerse issue gemaak. En hulle beskryf dit as ‘n walg-video, en rassisties, en die “Reitz-vier” (klink omtrent asof hulle ‘n moordbende gestig het) word geskors en aangekla van rassisme ensovoorts. So erg dat sekere uit die ANC geledere hulle rassiste noem, en al ‘n jaar lank dreig. As die video nie buite verband geruk was nie, dan sou die “victims” en die “Reitz-vier” nou nog dik pelle gewees het. Ek was destyds in Huis Verwoerd (langs die Hondehokke, of Reitz Kamer wonings soos dit amptelik bekend stel, en dit was nie ‘n rassistiese kookpot nie.
Dit is nou al donners lank gelede, maar noudat die ouens om verskoning vra daarvoor, en briewe indien ter verskoning, en die nuwe Rektor, Jansen, dit aanvaar, nou word HY weer ‘n rassis genoem en reken ons ANC vriende hy vergewe hulle net omdat hulle wit is. O for heaven’s sake. Get over it! Daardie swart “victims” het nie vir my gelyk of hulle hulle daarteen verset nie, en buitendien, dieselfde Bybeltjie waarmee die ANC nou onder die arm mee rondloop oor “doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê” lyk my werk ook maar net eenkant toe.
As ek Rektor Jansen is gee ek hulle almal ‘n goeie loesing en praat nie verder daaroor nie. Ek is bly ek het nie more sy werk nie – en watse nonsens is dit van massa betogings voor die landroshof? WTF! Het die mense nie werk om te doen nie?
Comments Off
Posted in Mamparra's
Kaapstad
Ek is so bietjie stil hier op my blog, want ek is op pad terug Seepunt toe.
Comments Off
Posted in 2885
1Time Tops
Ek het vanoggend van 1Time Airline af ‘n epos gekry dat hulle my kompliment vir hulle op hierdie blog raakgelees het, en dit word geplaas in die November uitgawe van hulle InFlight Magazine.
Posted in Diamante
Negotiate jou geld uit jou sak uit…
Ek is om die minste daarvan te sê baie geskok oor Kaapstad se pulieke vervoer-middele. Daylight robbery. Want to probeer ek mos gister middag na werk, so teen 15h00 se kant van Seepunt, na Houtbaai kom. Ek het in die Ritz Hotel tuisgegaan (meer oor die hotel en die personeel later), en die dames by die toonbank verseker my toe dit is die beste om ‘n minimus-taxi te vat: die vinnigste, veiligste en goedkoopste teen R5. So stap ek pad af, en gaan maak my staan op die hoek, en keer die taxi’s voor met ‘n vinnige handbeweging, maar taxi na taxi reken hulle ry nie so ver daardie tyd van die dag nie, maar bied aan om ‘n “special delivery” te doen, en dit wissel toe van die drie taxi’s wat ek gestop het van R100 tot R400 vir die trippie van 20 minute. En almal probeer my convince om in die bussie te klim, sodat ons so in die ry kan “negotiate meneer…”
Ek kry toe advies van iemand op straat wat reken ek moet liewer die munisipale bus vat – en die ry elke halfuur Houtbaai toe vir R10. 2 Ure later het geen bus nog sy gesig gewys nie, anders as die 9 busse wat op pad was V&A Waterfront toe nie.
Die hotel bied ook aan om my te vat, teen R280 – dieselfde bedrag as wat hulle vra om my vandag lughawe toe te vat van Seepunt af. Cheap cheap, reken ek, want die taxi wat op die lughawe vir my gewag het met my aankoms, het my geruk R350, en werk uit R15 per kilometer. En ek is seker die ou het langpad gevat.
Blykbaar is daar ‘n telefoon nommer wat mens nou kan bel oor die busroetes en treine, maar die nommer word nêrens adverteer nie. Mense – iets gaan dringend moet gebeur. Die toeriste word uitgebuit op grootskaal… Ek bly toe maar in Seepunt, en drink ‘n Long Island en wonder alweer oor 2010.
Comments Off
Posted in Mamparra's
On auction today: YOUR LIFE!
‘n Goeie vriend (Henk) het vanmiddag op Facebook vertel hy hoor die volgende op Radio (ek vermoed OFM): Dit het my nogal laat diep dink vanaand alleen in my hotelkamer (Ritz, Seepunt – daar is nie geld vanaand vir kuier nie, ek was te moeg buitendien.), en ‘n paar nota’tjies gevat om werk van te maak. Tyd vir my om bietjie bagasie uit te gooi, my appearance te upgreade en dalk ‘n nuwe lagie verf (finess, tact and most of all, a SMILE) Laat my weet! Sien ook Facebook: Search Kobus Coetzee
“If your life is sold on auction today, would there
be someone willing to buy it?”
Comments Off
Posted in Diamante
En die wenner is: SAA…
‘n Spesiale toekenning moet eenvoudig gemaak word aan die “Call Centre” wat die ergste deur die wind is in Suid Afrika! Met Telkom en Vodacom kort op mekaar se hakke, is hulle egter geen match vir ons eie liewe lugredery SAA nie. Hulle wen loshande die prys… (1ste Prys: ‘n Klantediens Kursus) Die kriteria vir die swakste Call Centre het ingesluit:
Hoeveel keer word die klant afgesny; Hoe lank jy na die stemmetjie moet luister en knoppies druk soos ‘n besetene; Hoe lank mens musiek luister wat so vals klink op my selfoon, dis om van lugsiek te raak; Hoeveel keer jy dieselfde stukkie kak aanluister, voordat dit oorslaan na die volgende song toe; Hoe lank dit jou neem om met die mens aan die ander kant te kommunikeer; En ja! Ek weet teen die tyd dat julle deel is van die Star Alliance Group. Whoopeee! En ja, ek weet om julle diens te verbeter, word die oproepe op band geneem. Maar dit help nie, dammit. Ek sukkel elke keer my gat af om met julle te deal…
Comments Off
Posted in Mamparra's
Ontruimings en 2010.
Beeld
Pretoria – Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het Dinsdagoggend vir ‘n tweede keer ontruim, maar geen besonderhede omtrent die rede daarvoor is bekend gemaak nie.
Sharon Hudson-Dean, die woordvoerder vir die ambassade het gesê alles het omstreeks 09:00 die oggend weer terug na normaal gekeer. Die ambassade het ‘n reeks roetine-prosedures en pas gereelde ontruimingsoefeninge toe.
“Ons is in noue samewerking met die Suid-Afrikaanse wetstoepassers,” het sy gesê.
Sekuriteit is weens verlede maand se dreigemente by die ambassade opgeskerp.
Die ambassade het die besonderhede van dié dreigemente stilgehou, maar die nuusagentskap, Associated Press het berig dat die splintergroep, Al-Kaïda se riglyne vir aanvalle spesifiek klem lê op “die opblaas en verwoesting van vermaaklikheids,- immorele,-en sondige plekke en die aanval van belangrike sentrale ekonomiese gebiede,” wat uitstaan as kenmerkende teikens van dié globale terreurnetwerk.
Luidens The Star se “betroubare bronne in die sekuriteitdienste” het Al-Kaïda die Amerikaanse ambassade in Pretoria gebel en gewaarsku teen aanvalle op verskeie van die land se amptelike geboue in Suid-Afrika.
So wonder ek maar so by myself of ons organiseerders van 2010 al hulle planne agtermekaar gekry het as so iets ons in daardie tyd moet tref. Ek meen – ons kry nie eers AZT’s op tyd by ons eie vigs-lyers nie, watter kans staan ons mediese sorg as 20000 toeskouers gelyktydig ‘n dokter benodig?
Posted in Home
Week of naweek?
Soos ek dit sien, gaan die naweke te vinnig verby – soos ons almal seker maar voel. Maar wat my bevange van vrees maak is hoe vinnig die tyd op die oomblik by my verbygaan. Toe ek op skool was, was die weke lank en uitgestrek, en die tyd wou nie eers verbygaan om die Houtwerk klas te skip nie, wat nog van die week, of die skool kwartaal. Maar die afgelope drie jaar van my lewe het net by my verbygegaan sonder dat ek dit eintlik agtergekom het, en ek het niks (of min) om daarvoor te wys. Dit is natuurlik behalwe vir die moerse klomp grys hare wat ek hierdie week gaan verdoesel onder ‘n dik laag kleursel, en die plooie op my gesig wat ek aan wysheid gaan toeskryf as jy my vra daaroor.
Dit is net asof mens deesdae die naweek gebruik om Vrydag-aand te rus en bietjie te kuier, Saterdag die week se wasgoed, tuinwerk en karwas in te haal, en Sondag na kerk te begin opsien na die week wat kom. En voor ek my kan keer, wens ek die week verby.
En so week vir week wens ek my lewe seker so verby. Nee wat! Hierdie week is ek vuur en vlam. En ek gaan die beste daarvan maak. Op hierdie Maandag gaan ek in die see swem na werk, en in die middel van die week gaan ek ‘n vleisie by die gastehuis braai, en teen Vrydag spyt wees dat die week verby is.
Maak van hierdie week een om te onthou!
Comments Off
Posted in 2885
Motivation for the day…
“I know a lot of rich people who lost millions, and got up and became rich and happy again. Unfortunately I also know people who’s very unhappy, who never ever even lost a dime…” Aanhaling uit my boek. Nuwe Begin. (Bestel per epos by nuwebegin@gmail.com Dit kos R199, en sluit nie posgeld en verpakking van R49 in nie.)
Comments Off
Posted in Diamante
Single Ladies gone wrong…
Comments Off
Posted in Humor
Reinvent yourself for the new reality we live in…
I have had the priviledge to work with Mike Lipkin – and agree that we have to reinvent ourselves for the times we currently live in. Visit him on www.mikelipkin.com, and mmake sure to subscribe to his news letter. I hope to invite him to South Africa early in 2010.
Comments Off
Posted in Diamante
This is what I learnt today!
A lecturer when explaining stress management to an audience, Raised a glass of water and asked ‘How heavy is this glass of water?’ Answers called out ranged from 20g to 500g. The lecturer replied, ‘The absolute weight doesn’t matter. It depends on how long you try to hold it.
If I hold it for a minute, that’s not a problem. If I hold it for an hour, I’ll have an ache in my right arm.
If I hold it for a day, you’ll have to call an ambulance. In each case, it’s the same weight, but the longer I hold it, the heavier it becomes.’ He continued, ‘And that’s the way it is with stress management. If we carry our burdens all the time, sooner or later, As the burden becomes increasingly heavy, We won’t be able to carry on.
‘ ‘As with the glass of water, You have to put it down for a while and rest before holding it again. When we’re refreshed, we can carry on with the burden.’ ‘So, before you return home tonight, put the burden down.! Don’t carry it home. You can pick it up tomorrow. Whatever burdens you’re carrying now, Let them down for a moment if you can.’ So, my friend, Put down anything that may be a burden to you right now. Don’t pick it up again until after you’ve rested a while. Here are some great ways of dealing with the burdens of life:
* Accept that some days you’re the pigeon, And some days you’re the statue.
* Always keep your words soft and sweet, Just in case you have to eat them.
* Drive carefully. It’s not only cars that can be Recalled by their maker.
* If you can’t be kind, at least have the decency to be vague.
* If you lend someone £20 and never see that person again, It was probably worth it.
* It may be that your sole purpose in life is simply to be kind to others.
* Never put both feet in your mouth at the same time, Because then you won’t have a leg to stand on. * Nobody cares if you can’t dance well. Just get up and dance.
* Since it’s the early worm that gets eaten by the bird, sleep late.
* The second mouse gets the cheese.
* When everything’s coming your way, You’re in the wrong lane.
* Birthdays are good for you. The more you have, the longer you live. * You may be only one person in the world, But you may also be the world to one person.
* Some mistakes are too much fun to only make once. * We could learn a lot from crayons… Some are sharp, some are pretty and some are dull. Some have weird names, and all are different colors, but they all have to live in the same box.
*A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour. Have an awesome day and know that someone has thought about you today…
Comments Off
Posted in Diamante





