Hier is ‘n foto van Hudson Bay. Dit is in die Noorde van Kanada, en grens aan die labrador See. Die beste plek om ‘n lang Paasnaweek uit te span, en ‘n paar visse onder die ys uit te grou. Die Bere word nou net wakker na hulle winterslaap. Honger natuurlik! Die temperature is steeds onder vriespunt (Toronto is so 3 grade elke dag), maar die Lente is nou sterk op pad. Volgens wat die mense my vertel, is dit eers regtig Lente teen die einde van Mei. Intussen dra almal baadjies, en kop-mussies om die breinselle warm te hou. Hehe.






