Posted by: Kobus Coetzee | April 28, 2009

Katvoet herhinner my aan diep betekenis…

Bestuur jou verhoudings beter

Die Here verwag nie dat ons alles vir almal moet wees nie. “Hoe kry ek dit reg?” vra jy? Wel, ‘n interessante rigtingwyser vind ek by die navorser, Robert Dunbar, wat regdeur die geskiedenis voorbeelde uitwys hoedat die gemiddelde persoon net met sowat 150 ander mense verhoudings kan handhaaf. As daar te veel mense in ons lewe is aan wie ons gedurig moet aandag gee, dan ly ons later aan verhouding-uitbranding. Dan raak ons kortaf, onvriendelik en geïrriteerd.

 

Ons sal onsself moet afvra of ons nie duideliker grense tussen ons en sommige ander mense moet trek nie. Ek praat veral van daardie mense wat ons voortdurend soos slagoffers laat voel. Ons is slagoffers in enige verhouding wanneer ons met ‘n “te min, te laat” gevoel opgeskeep sit. In gesonde verhoudings manipuleer mense mekaar nooit om aandag of liefde te ontvang nie. Wanneer ons voel ons skiet altyd te kort in enige verhouding omdat ons iemand anders nooit kan tevrede stel nie, dan word ons emosioneel misbruik.

 

God verwag nie van ons om in emosionele afhanklikheid van mekaar te leef nie. Ons is daar om mekaar op te bou, nie om mekaar af te breek nie soos wat 1 Korintiërs 14 ons leer. Oppas dus vir “martelare” wat jou gedurig laat verstaan die ganse wêreld is teen hulle. As jy nie ligloop nie, is jy hulle volgende slagoffer. Bid vir hulle. Kry professionele hulp vir hulle, maar moenie deur hulle gemanipuleer word nie. Dra slegs ander mense se laste, soos wat Paulus skryf in die Galasiërs-brief, nie hulle onverwerkte skuldgevoelens nie.

 

Onthou, gesonde verhoudings maak groter vensters op God se goedheid in jou én ander se lewens oop, maar ongesonde verhoudings steel almal se suursof.

 

Ek bid

 

Here, U is die God van verhoudings

U gee om vir mense, selfs ook vir U vyande!

U maak sondaars U vriende om Christus ontwil U maak dooies lewend U laat mense wat in die donker woon ‘n nuwe lig sien U bring hoop waar hoop in die dryfsand weggesink het U is ‘n Oase vol lewe Leer my om in U voetspore te volg Leer my ook lewensveranderende verhoudings bou

Amen


Responses

  1. Ek het gisteraand oor hierde posting getop, en ek vat jou glad nie aan nie, net my opinie okay..
    ek weet darem nie, 150 relationship is wide, wie het so baie vriende? Ek kan my ware vriende/dinne op my een hand tel en dan twyfel ek nog oor van hulle se intensies en opregtheid.
    Ja, en die bybelding is moeilik, en ek stoei bietjie met daai ding op die staduim van my lewe. Daar is baie dinge wat die bybels sê en wat ons nie doen nie en tog hou ons daarvan om diè aantehaal wat ons vir die omstandigheid pas.
    En dan as ons nie op ons vriende kan trek in swaar tye nie wat is daar oor. ‘n Lonely world.
    Gaan my vriende my net ken as dit goed gaan of gaan hulle ook deur die moer, bliksem en donder dae by my staan?
    ‘n Ruk terug was “the blog owner” baie kwaad oor ‘n stelling wat Steve gemaak het oor vriende, ek wonder maar oor die goed.
    Ek dink ek het te oud geword en te veel terleurstellings beleef, sodra jy iemand vertrou en dink jy kan staatmaak op so iemand dan gebeur daar so iets soos K sê van die ware kleure ding en die sak patats.
    Ek’s absoluut oop vir enige kritiek hieroor..

  2. Geen kritiek ekke. Ek’s nie die kritiese tipe nie. Die woorde hierbo is nie my eie nie, maar iets wat ek ontvang het, wat my laat dink het.

    Here goes: You are responsible for YOU. No one else is responsible to make you happy but YOU.

    Ek dink die stukkie hierbo maak ons net weer bewus dat jy moet verantwoordelikheid neem vir jouself. Jou gedagtes, woorde, aksies! Jou vriende is daar om jou te ondersteun, maar jy moet nie heeltyd op hul leun as jy die vermoë het om op te staan en jou omstandighede te verander nie.

    Ons moet mekaar aanvul en ondersteun. Dit is geen EN neem. Dit is ongelukkig nie altyd onvoorwaardelik nie. Dis jammer. Maar wees die vriend vir iemand anders wat jy graag wil hê. Jip, ons kry seer, word teleurgestel, maar solank jy weet jy was opreg behoort dit genoeg te wees. Daarna kan jy besluit: stap ek weg of bly ek?

    ‘n Vriendskap gaan oor wedersydse respek. Dit beteken ook dat jy dalk teleurgestel gaan word, want ons almal het swakpunte. Dit beteken ook dat jy om verskoning mag vra. Dat jy kan leer van iemand anders. Goed of sleg.

  3. hey guys

    I’ve been lurking around the forum for a while but I have a question to ask. I’m trying to find a legit seller for r4 cards for my nintendo. I’m from germany and I found one site that looks promising r4 for dsi


Kategorië