Posted by: Kobus Coetzee | April 29, 2009

Moord: R3000

I don’t get it! Die ouers van die kind is van MOORD aangekla, maar hulle is in huisares, en ‘n borg van R3000 is betaal. Ek sou dink sulke ouers behoort op Kerkplein gehang te word, sodat almal hulle kan sien en met stokke bliksem.

’n Agt weke oue babaseuntjie van Centurion wie se ouers van sy moord aangekla word, het beserings oor sy hele lyf gehad – van sy voorkop, neus, bolip, bors, knieë, maermerries, gewrigte en voorarms tot by sy voete en voetsole.

Die seuntjie het beserings opgedoen wat “versoenbaar is met verskeie opsetlike voorvalle van trauma”, lui ’n voorlopige nadoodse ondersoekverslag wat tydens sy ouers se borgtogaansoek in die Pretoriase landdroshof ingehandig is.

Mediese ingryping kon van die beserings veroorsaak het. Die veelvuldigheid en verspreiding van die beserings wys egter van hulle kon op ’n opsetlike manier veroorsaak gewees het, lui die verslag.

Baba Wade se pa, mnr. Nolan Baron Schoeman (29) van Valhalla, is gister op borgtog van R3 000 vrygelaat en onder huisarres geplaas.


Kategorië