Ek dink verraaier (Sien to boonste entry)Â het my ‘n appelkoos-pensie gegee. As sy so danig lief is vir haar kommervrye lewe in die buiteland:
- Bly daar! Verlos ons van jou!
- Gee jou burgerskap op;
- Hou op Afrikaans skryf;
- En bogger jou, my expat skapie!!
Ek is so gatvol vir expats.. eh…hou net bietjie aan. Waar is my asblikkie… hier kom ‘n kots….
Dankie Alta – lekker om mekaar te challenge.. Hehe. Tong in my vet kies en al…
Hier is wat die Verraier kwytraak. (Heeltemal voorspelbaar, die arme dier…) Eng, oogklap-draende roosterkoek slak.
Julle laat my lag… Daar is net 2 soorte blankes oor in SA. Die banggatte en die armgatte. Almal wat dit kon bekostig het, het al padgevat. Die ander klomp is te slapgat om dit te doen.
Nee dankie en het het nie en ek sal ook nie gaan stem nie. Kry vir julle… Moenie ons blameer vir wat in SA aangaan nie. Ons het nie die land verraai nie, die land het ons verraai. Om nou van ons te verwag om te gaan stem??? Asseblief word wakker, julle koffie word koud!
Laat hulle maar die land goed opfoeter, oor so paar jaar (lees eerder eeue) sal ons kleinkinders terug gaan en weer gaan opbou wat julle en julle regering opgeneuk het.
Geniet dit, ek geniet die kommerlose lewe wat ek nou het!!!
Van my af – happy hier in die kak, drama, uitskeidings en misdaad. Fok die wereld. Ek sal maar bly en doen wat ek kan. Ek sal try COPE.






Ek gaan nie my tyd verder mors op die topic nie. Net een ding. Verraaier, dit was nie mooi nie. tsk,tsk :devil:
By: Alta on April 30, 2009
at 10:55 AM
Ja Alta
Ek stem saam, dit was nie mooi nie… Hahaha. Hoe lekker lag ek nou.
Gelukkig het ek meer aspirasie in die lewe as om my tyd in ‘n derde wereld land te mors.
Geniet dit “boere” en terloops ek het lankal my burgerskap opgegee… Afterall dit is net ‘n land waarin jy gebore is… Hoekom kla en kerm julle nie so oor die hospitaal of kamer waarin jy gebore is nie. ‘n Land maak nie van jou ‘n mens nie. Dit is iets wat binne in jou is, maak nie saak waar in die wereld sit jy nie. En as ek so na die aanmerkings en sekere poste kyk dan het party mense ook maar nie baie selfrespek en trots nie…
Word groot Kobus…
By: Verraaier on April 30, 2009
at 12:20 PM
O ja ek het vergeet om te se… Ek SAL NIE ophou afrikaans skryf nie. Dit is gelukkig my moedertaal waarin ek opgevoed is, so ek het die reg om my moedertaal te praat en te skryf. Al bly ek waar in die wereld en stem vir wie ek wil… Jy kan nie afrikaans uit my kry nie, want soos ek gese het, dit is my taal wat ek praat!!!
Sterkte met die misdaad ek hoop jy COPE lekker!!!
By: Verraaier on April 30, 2009
at 12:25 PM