Beeld
Pretoria – Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het Dinsdagoggend vir ‘n tweede keer ontruim, maar geen besonderhede omtrent die rede daarvoor is bekend gemaak nie.
Sharon Hudson-Dean, die woordvoerder vir die ambassade het gesê alles het omstreeks 09:00 die oggend weer terug na normaal gekeer. Die ambassade het ‘n reeks roetine-prosedures en pas gereelde ontruimingsoefeninge toe.
“Ons is in noue samewerking met die Suid-Afrikaanse wetstoepassers,” het sy gesê.
Sekuriteit is weens verlede maand se dreigemente by die ambassade opgeskerp.
Die ambassade het die besonderhede van dié dreigemente stilgehou, maar die nuusagentskap, Associated Press het berig dat die splintergroep, Al-Kaïda se riglyne vir aanvalle spesifiek klem lê op “die opblaas en verwoesting van vermaaklikheids,- immorele,-en sondige plekke en die aanval van belangrike sentrale ekonomiese gebiede,” wat uitstaan as kenmerkende teikens van dié globale terreurnetwerk.
Luidens The Star se “betroubare bronne in die sekuriteitdienste” het Al-Kaïda die Amerikaanse ambassade in Pretoria gebel en gewaarsku teen aanvalle op verskeie van die land se amptelike geboue in Suid-Afrika.
So wonder ek maar so by myself of ons organiseerders van 2010 al hulle planne agtermekaar gekry het as so iets ons in daardie tyd moet tref. Ek meen – ons kry nie eers AZT’s op tyd by ons eie vigs-lyers nie, watter kans staan ons mediese sorg as 20000 toeskouers gelyktydig ‘n dokter benodig?






Hierdie 2010 besoekers gaan ‘n M*%#&@ surprise kry volgende jaar. Hoop maar die kafee’s is opgestock met mineraal waters want as hulle eers ons onder-standaard kraanwater begin suip is dit nie nodig vir ‘n Al-Kaida aanval nie vir 20000 om dokter gelyktydig te begin soek nie.
By: Tanya on Oktober 15, 2009
at 9:26 AM