Posted by: Kobus Coetzee | Oktober 13, 2009

En die wenner is: SAA…

‘n Spesiale toekenning moet eenvoudig gemaak word aan die “Call Centre” wat die ergste deur die wind is in Suid Afrika! Met Telkom en Vodacom kort op mekaar se hakke, is hulle egter geen match vir ons eie liewe lugredery SAA nie.  Hulle wen loshande die prys… (1ste Prys: ‘n Klantediens Kursus) Die kriteria vir die swakste Call Centre het ingesluit:

Hoeveel keer word die klant afgesny;
Hoe lank jy na die stemmetjie moet luister en knoppies druk soos ‘n besetene;
Hoe lank mens musiek luister wat so vals klink op my selfoon, dis om van lugsiek te raak;
Hoeveel keer jy dieselfde stukkie kak aanluister, voordat dit oorslaan na die volgende song toe;
Hoe lank dit jou neem om met die mens aan die ander kant te kommunikeer;
En ja! Ek weet teen die tyd dat julle deel is van die Star Alliance Group. Whoopeee! En ja, ek weet om julle diens te verbeter, word die oproepe op band geneem. Maar dit help nie, dammit. Ek sukkel elke keer my gat af om met julle te deal…

SAA


Kategorië