Posted by: Kobus Coetzee | Oktober 25, 2009

Raccist if you do, raccist if you dont…

Ons liewe ANC vriende wil tog maar altyd hulle ou broodjie aan albei kante gebotter kry: eers het hulle van ‘n video opname waarin die “victims” gelag, gedans en gesuip het voor hulle lekker gedans het (nog steeds laggend), ‘n moerse issue gemaak. En hulle beskryf dit as ‘n walg-video, en rassisties, en die “Reitz-vier” (klink omtrent asof hulle ‘n moordbende gestig het) word geskors en aangekla van rassisme ensovoorts. So erg dat sekere uit die ANC geledere hulle rassiste noem, en al ‘n jaar lank dreig. As die video nie buite verband geruk was nie, dan sou die “victims” en die “Reitz-vier” nou nog dik pelle gewees het. Ek was destyds in Huis Verwoerd (langs die Hondehokke, of Reitz Kamer wonings soos dit amptelik bekend stel, en dit was nie ‘n rassistiese kookpot nie.

Dit is nou al donners lank gelede, maar noudat die ouens om verskoning vra daarvoor, en briewe indien ter verskoning, en die nuwe Rektor, Jansen, dit aanvaar, nou word HY weer ‘n rassis genoem en reken ons ANC vriende hy vergewe hulle net omdat hulle wit is. O for heaven’s sake. Get over it! Daardie swart “victims” het nie vir my gelyk of hulle hulle daarteen verset nie, en buitendien, dieselfde Bybeltjie waarmee die ANC nou onder die arm mee rondloop oor “doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê” lyk my werk ook maar net eenkant toe.

As ek Rektor Jansen is gee ek hulle almal ‘n goeie loesing en praat nie verder daaroor nie. Ek is bly ek het nie more sy werk nie – en watse nonsens is dit van massa betogings voor die landroshof? WTF! Het die mense nie werk om te doen nie?


Kategorië